gewildstegedigte.litnet.co.za » Sheila Cussons

Klein ballade
Ek soek die huis van ’n timmerman,

ek soek die tafel, die eenvoudig gedekte,

en die bêreplek van die botterspaan

van Maria die Onbevlekte.

Ek soek die dinge van hulle elke-dag,

ek soek die praat en die maklike lag

in daardie gebenedyde huis:

Neem hierdie pad, klop aan dié deur,

na buite toe dwaal ’n varsbroodgeur,

en sê nou hulle is tuis?

My moed begeef my en ek vlug,

maar iets sê in my gaan trug, gaan trug:

Sy staan reeds in die deurkosyn . . .

Toe draai ek om en ek vind verstom

ek het voor my eie deur gekom:

my huis is Hare, my huis is Syne!

Nou ken ek die huis van die timmerman,

ek ken die tafel, die eenvoudig gedekte,

en die bêreplek van die botterspaan

van Maria die Onbevlekte.

"Christ of the burnt men"
Thomas Merton

Jy sal my ook al hoe meer wen, glimlaggende

skerts-oog blink-oog Christus wat my vervaarde jare

op jou afstand gadegeslaan het: jy het

jou hande nie tóé uitgesteek toe ek

jou sengende wonde aan my lyf ontvang het nie

maar fel jou kruis geteken oor my, in hand

en voet en romp en hoof, en deur die beswyming

onder druppende bloedplasma- en soutwatersakke

kom skyn voor my met net die trekking van ’n glimlag

van uiterste pyn om die mondhoeke, jou oë

blink van ’n verskriklike akkoord.

En ek begryp, jy het my geteken vir die avontuur

van jóú, ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was –

– O wat is die brand in brein en hart wat brandender brand

as die vlam aan die lyf en wat gaan gloei in klip en sand

onder my eenvoetig-springende begrip agter jou

ságsinnigheid aan?: Nee, iets heerlikers: as jy eindelik

omdraai met oë wit en stip en ver en skouers gemantel

met ’n verwoede en stormende son: o my kosmiese Christus:

drie-en-dertig jaar verdoesel in die klein en donker vlees

wat jy in een nag oopgevlek het om jóú vir my te bevry

opdat ek jou raak sien, raak weet, raak het, en nog wag jy

dat ek moet sê, heeluit moet sê: grýp my hande dan,

amper sonder vingers vir jou: kundige timmerman.